top of page

Ek is al meer as twintig  jaar‘n kliënt van Suzette. Sy het oor die jare, eers in Roodepoort en nou in Kaapstad in 2016  my gehelp  om verskeie vertrekke  te dekoreer. In Kaapstad het sy my huis se dekor hanteer wat meer as 40 vensters se gordyne ingesluit het. Haar oog vir kombinasies, kleur, grote, ens is net eenvoudig uitstekend. Sy moes onder andere Kaapstad toe reis, opmetings doen en kom installeer. Dit het alles sonder enige probleem verloop. Haar organisatoriese vermoëns is ongelooflik soos u kan verstaan om so ‘n reuse projek vanuit Johannesburg te organiseer. Ek waardeer ook haar geduld en empatie met my en my man terwyl ons besluite moes maak en finansies beskikbaar stel, sy was voordurend professioneel. Suzette se eerlikheid, vriendelikheid, hulpvaardigheid en absolute passie vir dit wat sy doen is merkwaardig. Sy is voorwaar ‘n aanwins vir enige dekor projek van kleiner tot reuse projekte, naby en ver. Ek beveel haar ten sterkste aan, voel vry om my te kontak indien u verdere inligting benodig.

Designer Living Room

Freda D.P

bottom of page